SPEK & MIELIE OP DIE KOLE
- Marianne Jacoby
- Apr 20, 2016
- 1 min read

Spek word om die mielies gedraai wat ‘n heerlike kombinasie is. Dit is ook die perfekte bygereg vir ‘n braai.
Genoeg vir 4 mense Bereiding: 10 min. Gaarmaaktyd: 15-20 min.
4 vars mielies met blare 45 ml (3 e) vars kruie van jou keuse (bv. pietersielie, tiemie of basilie), gekap sout en pas gemaalde swartpeper 30 ml (2 e) olyfolie 250 g streepspek
Verwyder die mielies se baard, maar nie die blare nie. Meng die kruie, sout, peper en olyfolie en giet oor die mielies. Draai die spek om die mielies en steek met peuselstokkies vas. Braai 15-20 min in ’n groenterooster of gewone toeklaprooster op matige kole tot gaar.
Comments