APPELTERT
- Marianne Jacoby
- Apr 22, 2016
- 1 min read

Bestanddele 1 koppie bruismeel 2 eiers 1 blik tertappels (normale grootte) knippie sout 1 koppie suiker 2 eetlepels gesmelte botter ¼ koppie melk
METODE Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam. Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel. Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel. Bak in oond op 180ºC vir ¾ uur. (na ‘n halfuur kan die oondtemperatuur na 150ºC verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word)
Bestanddele Sous 1 klein blik ingedampte melk 1 teelepel vanilla 1 koppie suiker
METODE Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.
Comentarios