BAR ONE TRIFLE
- Marianne Jacoby
- Apr 22, 2016
- 1 min read

Bestanddele: 1 Standaard Sjokolade Koek (jy kan die klaar gebakte koeke in die winkel koop) 360g Blikkie Nestlé Caramel Treat 500g Klaargemaakte Sjokolade Vla 400ml Geklopte Room 2 Bar ones – gesny vir garnering 2 Eetleppels sjokolade sous om bo-oor te gooi.
Metode:
Sny die koek en pak ‘n laag in die onderkant van Triffle bak (of as jy dit in aparte bakkies bedien dan in die onderkant van bakkies). Skep die caramel bo-op die koek en maak dit glad met die agterkant van ‘n warm leppel. Gooi nou die sjokolade vla oor die laag Caramel. Bedek met room en rangskik die bar one stukkies bo-op en gooi dan ‘n bietjie sjokolade sous heel laaste bo-oor.
Jy kan die nagerg die aand of dag voor die tyd maak tot die stadium voor jy die room opsit en dan net die room, bar ones en sjokolade opsit voor jy dit bedien. Jy kan ook Frangelico of Amarula likeur oor die koek gooi voor jy die res van die lae doen.
Comentarios