top of page

Ontbyttert

  • Marianne Jacoby
  • Apr 22, 2016
  • 2 min read

■ 300 g skilferkorsdeeg

Vulsel ■ 30 ml olyfolie ■ 2 uie, gekap ■ 2 knoffelhuisies, gekap ■ 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper ■ 250 g sampioene van jou keuse, gesnipper ■ 250 g kersietamaties ■ 6 ekstragroot eiers ■ 125 ml melk ■ 125 ml room ■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Smeer ’n diep 22 cm-losboomtertpan met olie. Rol die vel skilferkorsdeeg effens dunner uit en voer die tertpan daarmee uit sodat die deeg effens oor die pan se rand hang. Verkoel vir 30 minute. Voorverhit die oond tot 190°C. Verhit die helfte van die olie en braai die uie, knoffel en spek daarin tot gaar. Voeg die sampioene by en braai tot gaar en nie meer waterig nie.

Verhit die res van die olie in ’n kleiner pan tot baie warm en braai die tamaties baie vinnig daarin tot die skilletjies bars. Verwyder van die hitte en hou eenkant. Bak die tertdeeg vir sowat 15 minute totdat die deeg op die boom van die pan nie meer klam lyk nie en die kante wat oor die pan hang, begin gaar word. Haal uit die oond en skep die uie, spek en sampioenmengsel, asook die tamaties in die halfgaar kors.

Klits die eiers, melk en room saam en geur mildelik met sout en peper. Giet dit oor die vulsel en maak seker dat dit oral tussen die vulselbestanddele inloop. Verlaag die oondtemperatuur tot 160°C en bak die tert vir 35–55 minute (die baktyd sal afhang van hoe diep die pan is). Die tert is reg as die vulsel ferm in die middel is. Haal uit die oond en laat vir 15 minute afkoel. Sit voor met ’n groen slaai. Lewer 10–12 porsies.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page