Peri-peri-hoenderlewertjies
- Marianne Jacoby
- Apr 22, 2016
- 1 min read

Bestanddele
• 30 ml sonneblomolie • 1 ui, gekap • 2 knoffelhuisies, fyngedruk • 5 ml fyn paprika • 1 ml fyn naeltjies • 10 ml fyn komyn • 2 ml gemaalde swartpeper • 10-15 ml fyn peri-peri (Afrika-brandrissie, die ‘Bird’s-eye’-soort) • 2 lourierblare • 1 kg hoenderlewers • 125 ml bier (of gebruik hoenderaftreksel) • 185 ml tamatiepuree • 1-2 groen rissies, in skyfies gesny, om oor te strooi • Portugese rolletjies of kraakvars brood om voor te sit
Metode
1 Verhit die olie in ’n groot pan. Voeg die ui en knoffel by en soteer dit vir ’n paar minute tot sag.
2 Gooi al die speserye en lourierblare by en soteer dit vir nog ’n minuut. Voeg die hoenderlewers by en braai dit tot goudbruin van kleur.
3 Gooi die bier en tamatiepuree by en laat dit vir 10 minute prut tot deurgaar. Sprinkel die rissieskyfies bo-oor. Sit dit warm voor met Portugese rolletjies of kraakvars brood.
Comments