TRIPPEL SJOKOLADE KOEK:
- Marianne Jacoby
- Apr 24, 2016
- 1 min read

KOEK: 1 Koppie Koekmeel 1 Koppie Suiker 4 Eiers (Wit en Geel geskei) 3 T-lepels Bakpoeier ½ Koppie Kookolie ½ Koppie Kookwater 2 E-lepels Kakao 1 T-lepel vanilla knippie sout
Klits die eier-gele en suiker tot roomerig Voeg kookolie en kookwater by en roer deur met ‘n hout lepel Sif droë bestandele saam in mengsel Meng deeglik Voeg vanilla by Voeg styfgeklopte eierwitte by en vou in Gooi beslag uit in 2 ronde pannetjies Bak vir 20 tot 25min teen 190 ‘C Wanneer die koek bietjie afgekoel het, sny elk in middle deur
VERSIERSEL: 1L Vars room 1kg Versiersuiker 4 E-lepels Kakao
Klop room tot dit styf is Voeg versiersuiker lepel vir lepel by terwyl jy klits Voeg Kakao by voor al die versiersuiker ingeklits is. Dier versiersel moet lig wees as dit klaar is. (Kan meer versiersuiker gebruik as dit nog nie styf genoeg is soos jy dit wil hê nie.) Sit ‘n lag koek op jou koekbord Smeer duk lag roomversiersel en hou aan met al die lae. Sit wispers wat in kwarte gesny is op die koek en versier met glanskersies. Hou die koek in die yskas tot bedien word.
Comments