top of page

BRAAIVLEIS BREDIE

  • Marianne Jacoby
  • Apr 27, 2016
  • 1 min read

Omskep die naweek se oorskietbraaivleistjops in ’n vullende bredie en sit dit op ’n weekdag voor vir aandkos. Binne ’n halfuur kan julle aansit en eet. Dis genoeg vir 4-6 mense. Die bereiding is 10 minute en die gaarmaaktyd sowat 15 minute.

DIE BESTANDELE IS:

15 ml (1 e) olyfolie; 1 ui, grof gekap; 1 knoffel-huisie, gekneus; Flippen Lekka Spice na smaak; 6-8 heel gebraaide skaaptjops; 1 blik (410 g) heel tamaties; 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer (Jy kan worteltjies en aartappels vooraf effe gekook ook gebruik) 250 ml (1 k) vleisaftreksel; 20 ml (4 t) blatjang; 250 ml (1 k) vars basilieblare; Gekapte pietersielie en ekstra basilieblare vir garnering.

Verhit die olyfolie in ’n groot pan en braai die ui en knoffel daarin tot sag en geurig. Geur met Flippen Lekka Spice. Voeg die skaaptjops, tamaties, botterbone, aftreksel, blatjang en basilieblare by en roer goed. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat sowat 10-15 minute oor lae hitte prut tot geurig en warm. Garneer met pietersielie en ekstra basilieblare. Sit voor saam met romerige fyn-aartappels en ’n vars groenslaai.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page