DADELVIERKANTJIES
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

1 l (4 x 250 ml) suiker 187 ml (3/4 k) melk 125 g (½ blok) botter 250 g (1 pakkie) dadels, fyn gekap 250 ml (1 k) klapper 60 ml (4 e) gouestroop knypie sout 5 ml (1 t) vanielje 1 eier 625 ml (2½ k) pofrys (Rice Krispies) 500 ml (2 k) ekstra klapper
1. Plaas suiker, melk, botter en dadels in kastrol. Verhit tot kookpunt en roer gereeld. 2. Laat 10 min. kook. Roer dikwels. 3. Roer klapper, gouestroop, sout en vanielje by. Laat nog 5 min kook. 4. Verwyder kastrol van hitte en roer eier vinnig by. Roer pofrys by. 5. Druk mengsel in gesmeerde bak vas. 6. Plaas in yskas om te stol en sny in blokkies. 7. Rol blokkies in klapper en verpak soos verkies.
Comments