Growwe Karringmelk beskuit
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

500g Botter of Bak margarien 400g Treacle sugar (sagte bruinsuiker) 2 Eiers geklits 500ml Karringmelk 1kg Koekmeel 20ml Bakpoeier 5ml Koeksoda 5ml Sout 200g Allbran flakes 75g Semels 120g Roulynsaad gemaal of 90g heel roulyn sade (Flax seeds) 90g Neute van keuse of Rosyne of enige gedroogde vrugte 50g Klapper
Metode: 1. Smelt die botter en sagte bruinsuiker saam en laat dan afkoel tot lou warm.
2. Klits die eier met die karringmelk en roer by die margarien mengsel.
3. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die res van die droeë bestanddele by en meng goed deur.
4. Voeg nou by die droëe bestanddele die karringmelk mengsel en roer totdat al die bestanddele goed gemeng is. Moenie te veel meng nie, jy wil nie gluten ontwikkel nie. As jy te veel meng gaan jou beskuit sy krummelrige tekstuur verloor. As daar nog wit dele sigbaar is, nie te kommer...dit moet so wees.
5. Druk in 30x40 cm pan of twee oondpanne. Sny die vingers vooraf en bak by 180℃ vir 45minute. Half pad met baktyd draai die panne om sodat dit eweredig bruin kan bak.
6. Laat goed afkoel en sny die vinger binne in die pan. Keer uit. Voer jou oond aan die onderkant met foelie uit. Pak dan die beskuit op die draad rakke van die oond uit en droog by 100℃ vir ongeveer 3-5 ure afhangende van die area waar jy woon. Onthou om die oond deur op ‘n skrefie oop te hou sodat die vog kan ontsnap. Kus gebiede neem langer. Laat vingers goed afkoel voordat jy verpak.
Comments