LAMRUGSTRING
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

Lamsrugstring 1 takkie roosmaryn, fyngekap 2 handevol pietersielie, fyngekap 30 ml olyfolie sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE: Meng die roosmaryn, pietersielie en olyfolie saam tot ’n pasta. Geur die lamsvleis met sout en varsgemaalde swartpeper. Smeer die pasta bo-op die rugkant van die vleis. Plaas dit op ’n bakplaat onder die roosterelement van jou oond. Rooster die vleis vir sowat 15 minute - afhangend hoe gaar of pienk jy van jou lamsvleis hou.
Sit voor saam met Pastaslaai
250 g pastarys 10 kersietamaties, in kwarte gesny 4 spriet-uie, in skyfies gesny 100 ml olyfolie sap van 1 suurlemoen sout en varsgemaalde swartpeper
Comentários