top of page

Skaap ribbetjie!

  • Marianne Jacoby
  • Apr 27, 2016
  • 7 min read

‘n Skaap ribbetjie is van nature geneig om vetterig te wees, daarom is dit belangrik om jou ribbetjie maer te kies. Die voorbereiding van die ribbetjie is net so belangrik as die gaarmaak proses. Jy moet jou slagter die ribbetjie laat knak. Dan moet jy die vel kant met ‘n baie skerp mes deur sny tot op die been. Sny dit in vyf sentimenter vierkantige blokkies. Smeer nou die ribbetjie met ‘n mengsel van olie, sout en witpeper. Braai die ribbetjie met die beenkant eerste na onder op ‘n hoender vuurtjie. ‘n Hoender vuurtjie is ‘n vuur wat nie te warm is nie. Draai die ribbetjie baie om. Die ribbetjie moet lank en stadig gebraai word om soveel moontlik van die vet uit gebraai te kry.

HOE OM LEKKER SKAAPRIBBETJIE TE BRAAI:

Maar jy moet tyd hê hoe langer hoe beter!!! EK maak hom staan in n toeknyp rooster, so langs die vlamme n ent weg, bene kant vuur toe. So staan hy en maak maar sy dinge. Ek gee die vetkant ook so dan en wan hitte, sodat hy dan reg rondom n mooi kleur kry. Soms sit ek suurlemoen oor die bedryf soos hy braai en spice sommer met lekker gewone braaisout. As jy hom lank genoeg en reg so braai dan val hy sommer van die bene af! Moenie haastig raak nie. Die argentyne verstaan ook mos van skaapbraai hulle het so sous wat hulle op die skape spuit wat gespit word bitter lekker ek sal kyk of ek die resep iewers kan opspoor en hier kom post. Jy maak die sous dan moet hy so dag of drie staan om lekker te trek. Hy hou ook mooi in die yskas.

BEDRUIPSOUS VIR LAMSRIBBETJIE:

Raait hier is daai sous. Die resep reken gooi hom op die einde oor. Ek het al die goed bedruip terwyl hy braai en was bitter lekker. Salmoira sous 4 eetlepels sout 1 teelepel heel peperkorrels ¼ teelepel peri-peri 1 teelepel paprika 2 teelepels tiemie 1 eetlepel koljander 1 koppie fyngekapte knoffel 2 eetlepels Worcestershiresous ¼ koppie druiwe-asyn 1 fyngekapte ui 1 teelepel fyn naeltjies

METODE:

Gooi alles in ‘n sjeriebottel en vul met gekookte water wat afgekoel is om te voorkom dat die bottel bars. Laat ‘n halfdag trek voor gebruik. Neem ‘n sjerrieprop en sny die kop af, sny voortjies langs die kant van die prop af en druk dit terug in die bottel. Die sous loop dan langs die voortjies af en die inhoud val nie deur of verstop die proses wanneer dit oor die vleis gegiet word nie. Met salmoira is dit nie nodig om nog sout of enige ander geurmiddels oor die vleis te strooi nie. Giet dit oor wanneer die vleis feitlik gaar is.

Die rede waarom ek lamrib apart bespreek is omdat hier vir die beste resultate ‘n bietjie ‘n ander tegniek betrokke is.

BESTANDDELE

Die speserye bly presies dieselfde as vir die tjops, maar hoewel ‘n mens nie ‘n heel maer rib gebruik nie, moet dit darem ook nie te vet wees nie aangesien dit nie so maklik is om ‘n rib se vet af te sny sonder om dit te vermink nie. As jy ‘n heel rib wil braai, moet jy jou slagter vra om dit net te knak en dan sny jy dit in porsies na dit gebraai is, maar jy kan dit ook in blokkies (8cm x 5cm) laat opsaag en dan braai.

METODE

Kerf die rib aan die buitekant (teenoorgestelde van die beenkant) met ‘n skerp mes, sodat dit lekker regdeur kan braai en die vetjies lekker krakerig kan braai. Vryf dan die speserye en Worcestersous goed in. Dit werk ook goed om die rib reeds vooraf voor te berei. Braai nou die rib hoër op die kole omdat dit makliker brand as jou gewone tjoppies en jy graag wil hê dat dit lekker deurgaar moet word. Omdat die rib ‘n bietjie langer vat om te braai kan jy ook die rooster met die rib reeds terwyl jy vuurmaak, langs die vuur op sy kant laat staan, sodat die braaiproses dan al reeds kan begin. Net nie te naby sodat die rib brand nie. Wenk: Dit werk baie goed om ‘n rib in dun repies te laat opsaag en dan met ‘n “spare rib” marinade te bedek. Die ribrepies word dan vooraf gebraai en as ‘n voorgereg bedien terwyl die gaste hul drankies geniet. Die marinade verdoesel sommer die vetjies sodat vroutjie nie ‘n hartaanval kry as sy sien wat jy eet nie.

Meisie se Lamsrib op die kole

• 1 lamsribbetjie • 250 ml tamatiesous • 125 ml asyn • 200 ml suiker • 5 ml Tabasco • sout, swartpeper en grofgemaalde koljander

Metode: Vryf die ribbetjie met sout en peper na smaak. Plaas die ribbetjie in rooster. Maak die ribbetjie langs die vuur staan met die beenkant na die vuur. Laat dit stadig in hieride posisie braai. Kook die res van die bestanddele vir 5 minute saam. Verf die ribbetjie elke 10 minute met die bedruipsous, totdat dit gaar is.

Mosterd-en-Coca-Cola-Marinade

“Die resep is die basis vir ’n lams- of varkvleis-marinade. Nadat jy dit die eerste keer gemaak het, kan jy self besluit of jy volgende keer ’n bietjie meer heuning/stroop wil byvoeg vir ’n soeter smaak. Dieselfde met die brandrissie, want party mense hou van ’n bietjie meer byt. As jy bekommerd is oor die gehalte van die vleis, is dit wys om die ribbetjies eers vir sowat 20 minute sag te kook in soutwater. Dreineer en laat afkoel voor jy dit marineer. Goeie vleis kan jy egter net so rou marineer.”

Genoeg vir 2 kg ribbetjies

150 ml tamatiesous 75 ml heuning of gouestroop 75 ml blatjang 50 ml bruinasyn 50 ml appelkooskonfyt 60 ml bruinsuiker 2,5 ml paprika 2,5 ml sout 2,5 ml peper 15 ml worcestersous 15 ml sojasous 10 ml korrelmosterd 1 brandrissie, ontpit en fyngekap 150 ml coca-cola 2 kg lams- of varkrib 1 ui, in ringe gesny

Plaas alles buiten die ribbetjie en uie-ringe saam in ’n middelslag-pot oor lae hitte. roer stadig tot al die bestanddele opgelos en goed gemeng is. Verwyder van hitte net voor dit kookpunt bereik en laat effens afkoel. Pak ribbetjie in ’n kasserol of plastiek bak wat omgekeer kan word. Pak uie tussenin. Gooi marinade oor en maak toe met deksel. Laat marineer vir sowat 6 uur in yskas terwyl jy vleis elke 2 uur omdraai. Braai oor warm kole of oondrooster tot goudbruin en gaar.

Whoever says lamb rib is an inferior meat selection, has never tried the Stand-up Rib method of braaing. With this recipe, the days of throwing the ribs to the dogs are over. Nowadays we all know the special flavour of ribs, and love to sit around an open fire using our fingers and nibbling on the meat straight off the bone. The true magic of the ultimate rib braai comes from the amount of time you leave the ribs on the fire. Some people love their ribs succulent and juicy, others prefer them crispy. And of course you can achieve the middle ground, where they come out juicy on the inside and crispy on the outside. With a little help from my fantastic recipe and a little experimentation on your part, you’ll soon be wowing your friends and family with the perfect lamb ribs, so be prepared for the title of, “The Rib King.’’ You’ll have earned it with this delicious recipe. And even the family pooch will find the bones tastier!

The Magic Ingredients

These are the ingredients that will make tummy’s grumble when they smell the braai, and faces smile when they’ve tasted your fantastic ribs:

• Good size lamb or sheep rib (b grade will also do) • Fresh Lemon • Braai spice of your choice • Salt • Rosemary spice • Olive oil • Onion • Braai grid (folding)

Achieve the Ultimate Rib Braai

Do it this way and you won’t go wrong:

1. Get your fire going with some really nice braai wood or good quality charcoal 2. Lightly spread olive oil over the ribs on both sides 3. Sprinkle braai spice, rosemary spice, and salt to taste. 4. When the coals are ready, place the ribs in the folding grid and stand the grid upwards against the side of the braai so that it is perpendicular to the fire. If you have a portable braai, now is your chance to show off your intuitive, manly survival skills, and make a plan! A great way to achieve best results is to have the grid upright in the middle of the bed of coals. 5. Make sure to constantly turn the ribs, so that you cook them evenly and avoid the risk of over cooking. Keep in mind that the bone side of the ribs can stand more heat and you will still be cooking the fleshy part of the ribs. 6. While the meat is braaing, sprinkle salt and fresh lemon juice sparingly to enhance the flavour. Don’t overdo it though; you just want to maintain the tastiness of your other ingredients without overpowering the succulent flavour of the ribs. Keep in mind that salt will dry out the meat, so don’t let the top come off the salt shaker. 7. Depending on how you would like them done, and the size of the rack of ribs you are braaing, this method can take anywhere from one and a half hours to three hours, to cook. You can judge how ready they are by the amount of juice dripping out of them, if there is a lot juice coming out of them, they will be more rare if taken off, when there is no more juice pouring out, you can be sure of well-done crispy ribs. This Will Seal the Deal Here’s another little tip! Throw pieces of onion into the fire during the braai as this allows for a tasty aroma, and will make the neighbours even more jealous of the fantastic food you’re preparing. We hope you enjoy this recipe. And please feel free to send us some pictures and stories of how your Stand-up Ribs turned out.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page