Taai sjokoladekoekies
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 15 min. Verkoel: 25 min. Gaarmaak: 10 min.
125 ml (1/2 k) strooisuiker 150 g botter, gekap 150 g donkersjokolade, grof gekap 3 eiergele 3 eiers 10 ml (2 t) meel
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer klein dariole-vorms of individuele poedingbakke. Plaas die strooisuiker, botter en sjokolade in ’n hittebestande bak oor ’n pan met water wat prut. Verhit liggies tot die botter en sjokolade gesmelt het en verwyder van die hitte. Klits saam tot gemeng. Voeg die eiergele en heel eiers by en klits goed. Vou die meel in. Giet in die dariole-vorms of poedingbakke en laat minstens 25 min. in die koelkas verkoel. Haal uit die koelkas en sit op ’n bakplaat. Sit dadelik in die oond en bak 10 min. Laat rus 1 min. en keer uit op individuele opdienborde.
Comments