Arm mans poeding!
- Tracey Jacoby moolman
- Apr 27, 2016
- 1 min read

Ek maak hierdie nagereggie gereeld. Dit is goedkoop en vinnig! Ek het die mates net soos ouma dit geskryf het vir julle getik.
Resep 1 liter Melk 4-6 e Suiker (Suiker alternatief kan bygevoeg word, proe soos jy werk) 3e Vla poeier, medium hoogte skeppie 1t Karamel geursel 2e Botter ¾ pakkie Marie beskuitjies Geklopte room vir versiering vir individuele porsies
Metode: 1. Meng die melk, suiker en vlapoeier saam en roer deeglik sodat die vla goed opgelos het. Plaas in mikrogolf oond en draai vir ‘n minuut en roer met draad klitser. Draai weer ‘n minuut en stop...roer en hou so aan totdat die mengsel verdik. Teen 6 minute sal die mengsel begin verdik. Jy weet die vla is gereed as dit opkook soos melk. Proe aan die mengsel en maak seker dit is gaar en geen melerigheid op jou tong.
2. Haal die vla uit die mikrogolf oond en voeg die geursel en botter by.
3. Breek die beskuitjies in growwe stukke met die hand. Gooi die vla in ‘n langwerpige bak en druk die beskuitjies in die vla en sprinkel met klapper. Indien jy nie van klapper hou, los dit uit! Ouma het soms kersies ingesit!
4. Laat staan vir ongeveer 4 ure of oornag in die yskas. Bedien met roomys.
Comments