top of page

Beesvleis-bredie

  • Lenie Smit
  • Apr 27, 2016
  • 1 min read

’n Geurige bredie met ’n lang sous is die beste winterkos. Dié een is ’n ware gunsteling van ons gesin en smaak die volgende dag éérs lekker.

45 ml olie 1 kg beesvleisblokkies 5 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper Knippie suiker 3 ml borrie 5 ml paprika 5 ml fyn komyn 5 ml pimento 10 ml fyn koljander 15 ml gekapte, vars gemmer 2 groot uie, gerasper 4 knoffelhuisies, fyn gekap 4 wortels, grof gerasper 1 x 410 g blik gekapte tamaties 500 ml water of beesvleisaftreksel Sowat 12 baba-aartappels in skil (heel of gehalveer, indien redelik groot) 60 ml gekapte, vars pietersielie of vars koljanderblare

Verhit die olie in ’n swaarboompot. Meng die beesvleisblokkies, sout, peper, suiker, speserye en gemmer goed en braai dit saam in die kastrol tot die vleis bruin en die speserye geurig is.

voeg die gerasperde ui en knoffel by en braai vir 3-5 minute. Voeg die wortels by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die tamaties en water (of aftreksel) by en verhit tot kookpunt.

Bedek en prut vir 30 minute. Voeg die aartappels by (en nog water of aftreksel, indien nodig) en prut vir ’n verdere 45-60 minute tot die vleis sag, die aartappels deurgaar en die sous verdik en geurig is.

Rond af met gekapte, vars pietersielie of koljanderblare. Sit voor op rys, koeskoes of krummelpap.

Lewer ses porsies.

Kommentare


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page