Karoo-LamsKerrie
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

500 g droë botterbone 50 ml sonneblomolie 800 g lamsnek 1 600 g lam-kortribbetjie 2 uie, fyngekap 3 knoffelhuisies, fyngekap 6 aartappels, geskil en in kwarte gesny 375 ml water 20 ml kerriepoeier 15 ml borrie 15 ml gladde appelkooskonfyt sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas bone in ’n groot kastrol en tap koue water by om bone te bedek. Kook vir 5 minute. Skakel plaat af en laat staan bone oornag in water. Verhit sonneblomolie in ’n oondkastrol en braai lamsnek en -ribbetjie oor stadige hitte tot mooi bruin. Verhit oond tot 180 °C. Voeg uie en knoffel by vleis en braai vir 10 minute. Voeg aartappels en 250 ml van die water by. Plaas kastrol met ’n deksel op vir 1 uur in die oond sodat vleis sag word. Skakel intussen weer die plaat aan en kook bone tot sag. Haal kastrol met vleis uit die oond en voeg kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by. Geur met sout en swartpeper. Dreineer bone en voeg by die vleis. Voeg 125 ml water by. Meng deur en plaas terug in die oond vir minstens nog 2 uur. Jy kan die temperatuur verlaag na 160 °C en dit stadig laat kook. Die sous sal lekker afkook. Haal deksel ná 1 uur af as sous nog te dun is.
Comments