ONWEERSTAANBARE NOEDELSLAAI
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

500g Noedels van jou keuse, gekook en dreineer 1 Ui, gekap 1 Groen Soetrissie (Greenpepper) ontpit en gekap 25ml Kerriepoeier 250ml Tamatiesous 200ml Suiker 125ml Asyn 125ml Kookolie 5ml Mosterdpoeier
METODE: Plaas die noedels, ui en soetrissie in 'n groot slaaibak. Meng die res van die bestanddele en roer tot die suiker redelik goed opgelos is. Giet oor die noedels en meng goed deur. Laat staan minstens twee uur voor opdiening. Dit smaak die lekkerste as dit oornag gestaan het. Die slaai kan ook 'n paar dae voor die tyd gemaak en in die yskas gestoor word.
Comments