Pampoenkoekies
- Lenie Smit
- Apr 27, 2016
- 1 min read

Lewer 12 groot pampoenkoekies
500 ml (2 k) geskilde pampoen-, botterskorsie- of selfs patatstukke, gaar 125 ml (½ k) koekmeel of dalk ’n bietjie meer 5 ml (1 t) bakpoeier knippie sout 1-2 eiers, geklits klein bietjie olie om pan mee te verf 80 ml suiker en 15 ml (1 e) fyn kaneel gemeng vir bo-oor strooi
Druk die groente fyn en meng die res van die bestanddele buiten die suikermengsel by.
Verhit ’n pan, verf die bodem met ’n bietjie olie en skep lepels vol van die mengsel in.
Bedek en stoombraai tot ligbruin onder. Draai die koekies om, bedek weer en stoombraai tot bruin aan die ander kant.
Pak op ’n bord en sprinkel die suikermengsel oor.
Herhaal met die res van die mengsel.
Comentários