Vra-na-meer-hoender
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

Bestanddele:
1 groot hoender (ek gebruik sommer die hoender porsies wat reeds verpak is)
sout en peper na smaak
1 pakkie bruin uiesoppoeier
250ml kookwater
250ml blatjang
250ml mayonnaise
Metode:
Plaas die stukke hoender in 'n groot oondkasserol met 'n deksel.
Meng die soppoeier en kookwater. Voeg die blatjang en mayonnaise by en meng. Gooi dit oor die hoenderstukke.
Sit die kasseroldeksel op en plaas die kasserol in die oond.
Stel die oond op 180 grade C en bak 'n uur (die oond hoef nie vooraf verhit te word nie).
Haal die deksel na 'n uur af en bak verder totdat die vleis begin verbruin.
Skep enige oortollige vet met 'n lepel af. Sit dit warm voor.
Commentaires