Gevulde BotterSkorsie Met Spinasie
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

Maak vinnige geregte vir aande wanneer jy laat by die huis kom en ete vinnige op die tafel moet verskyn. Hierdie resep maak 6 porsies.
Bestanddele: 3 middelgroot botterskorsies groot klont botter 1 ui, gekap 250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny 2 ml knoffelsout knypie neutmuskaat 30 ml (2 e) koekmeel 90 ml (6 e) volroommelk sout en peper na smaak 1 bos spinasie, ontstingel en gekerf 500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper
Wenk: Skep meer botterskorsie uit om die vulselgaatjie groter te maak. Vries oortollige botterskorsie vir latere gebruik of werk dit by die vulsel in
Metode: Stel oond op 200 °C.
1. Halveer botterskorsies in lengte en skep pitte uit. 2. Plaas in oondbak wat met kossproei gespuit is. 3. Smelt botter in kastrol, soteer ui daarin tot sag. 4. Voeg spek by en soteer tot spek gaar is. 5. Roer knoffelsout, neutmuskaat en koekmeel by en roer tot bestanddele daarmee bedek is. Voeg melk, sout en peper by terwyl jy roer. 6. Plaas spinasie bo-op en sit kastrol se deksel op. Laat stoom vir drie minute. Draai stoofplaat af en laat staan nog twee minute op warm stoofplaat vir spinasie om heeltemal te verwelk. 7. Voeg kaas by en roer mengsel tot gemeng. 8. Skep in botterskorsiehelftes.
**Bedek oondbak met foelie en bak vir ongeveer 80 minute tot botterskorsie sag is.
תגובות