Herderspastei
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

(4 tot 5 porsies)
6 geskilde aartappels in blokkies gesny 1 ui gekap 500g beesmaalvleis 1 x 410g blikkie mekxikaanse styl tamatiesmoor 1 blikkie geroomde soetmielies 1 koppie gerasperde cheddar kaas 1/2 kop veggie mix of ertjies Sout en peper na smaak
Metode: Voor verhit die oond tot 200°C. Kook die blokkies aartappel sag. Verhit olyfolie in ‘n kastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en roer tot die vleis verbruin. Gooi die tamaties by en verhit dit tot kookpunt. Voeg die groente en ander helfte van die mielies by. Verlaag die hitte en laat prut vir 15min. Dreineer die aartappels en maak dit fyn. Roer helfte van die soetmielies en die meeste van die kaas by, (Hou ‘n bietjie oor die die bo laag) Geur na smaak. Skep die vleis in ‘n gesmeerde oondbak, met die fyn aartappels bo-op. Sprinkel die res van die kaas oor en bak tot goud bruin.
Comments