Marmite Tert
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

500 ml meel 10 ml bakpoeier 2 ml sout 100 g botter 2 eiers 250 ml melk 500 ml gerasperde cheddarkaas 60 ml Marmite 60 ml botter
1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. 2. Smelt die 100 g botter en voeg die gesifte droë bestanddele by. 3. Klits die eiers en melk saam en voeg by die bottermengsel. 4. Roer die kaas by. 5. Gooi in ‘n gesmeerde bak (20 cm x 15 cm) en bak vir 15 minute teen 200 °C. 6. Smelt intussen die Marmite en 60 ml botter saam. 7. Wanneer die tert uit die oond kom, gooi die Marmite-mengsel oor.
**Sny in blokke.♫
Comments