Uie PlatBrood - Glutenvry
- Marianne Jacoby
- Apr 27, 2016
- 1 min read

Bereiding 15 minute Baktyd 20-30 minute Lewer 1 groot platbrood (6-8 porsies)
BROOD: 500 ml (2 k) lensiemeel of glutenvrye meel- mengsel (lees die wenk hieronder) 15 ml (1 e) bakpoeier knypie sout 15 ml (1 e) papawersade 125 ml (1⁄2 k) natuurlike jogurt 1 groot eier 1 eierwit 30 ml (2 e) olie 125 ml (1⁄2 k) water
BOLAAG: 4 groot uie, in ringe gesny paar takkies tiemie 4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny 15 swartolywe, ontpit 4 ansjovisfilette 20 ml (4 t) olyfolie ekstra olywe, olyfolie, balsemieke asyn, roketblare en olyftapenade vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat.
Brood: 1. Meng die meel, bakpoeier, sout en papawersade in ’n groot mengbak. 2. Meng die jogurt, eier, eierwit, olie en water in ’n beker. 3. Voeg by die droë bestanddele en roer tot net gemeng. 4. Rol liggies uit op ’n meelbestrooide oppervlak tot sowat 5 mm dik.
Bolaag: 1. Plaas die brood op die bakplaat en druk die uie, tiemie, knoffel, olywe en ansjovis liggies in die brood. 2. Drup die olyfolie oor. 3. Bak 20-30 minute of tot die brood gaar en goudbruin is.
**Sit voor saam met die ekstra olywe, olyfolie, balsemieke asyn, roketblare en olyf- tapenade.♫
Wenk: Jy kan glutenvrye meel in jou supermark se meel- of gesondheidsafdeling of in gesond- heidswinkels kry.
Comments