Mielie BierBrood
- Marianne Jacoby
- May 1, 2016
- 1 min read

Die bier help die rysproses aan in hierdie maklike broodresep. 2 x 15 cm-brode • 500 g (890 ml) bruismeel • 5 ml sout • 200 g sterk verouderde cheddarkaas, gerasper • 1 x 340 g-blik mielies, gedreineer • 2 x 330 ml-blikke bier • 1 gaar mielie, aan die stronk
Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Sif meel en sout saam in ’n mengbak. Stap 2. Voeg kaas en mielies by en meng goed deur. Stap 3. Voeg bier by en meng goed. Stap 4. Spuit 2 broodpanne met kleefwerende kossproei. Verdeel mengsel tussen panne. Sny lang stroke mielies van die stronk af en plaas bo-op deeg in panne. Bak brode 1 uur in warm oond. Druk ’n dun pennetjie in die middel van die brood. As dit droog uitkom, is die brood reg. As daar nog deeg aan die pennetjie vassit, moet jy dit langer bak. Haal uit en laat rus sowat 5 minute in die pan voor jy dit uitkeer.
Comments