Pampoen Tert
- Trudie Kidson
- May 1, 2016
- 1 min read

Bestandele:
50ml gaar pampoen.
1 blikkie ideal melk of 150ml melk.
150ml room.
3 eiers.
15ml bakpoeier.
250ml koekmeel.
250ml suiker.
knippie sout.
kaneelsuiker.
Metode:
Kook jou pampoen met 'n kaneelstokkie tot sag. Dreineer dit en druk dit fyn. Gooi die eiers, ideal melk, meel, suiker, bakpoeier en sout in 'n mengbak en klits goed. Gooi die pampoen by die mengsel en roer goed deur. Spuit of smeer 'n oond bak met lard en gooi die slap pampoen mengsel in die oondbak. Bak vir 60 minute by 180°C. Wenk: Strooi kaneel suiker oor Pampoen Tert voor jy opdien. 125ml wit suiker en 10ml fyn kaneel gemeng.
Yorumlar