top of page

Steak met skop

  • Lenie Smit
  • May 1, 2016
  • 2 min read

’n Gebraaide steak is ekstra-lekker as hy met ’n geurige sous voorgesit word... én nog ’n eier bo-op kry. Jy benodig (genoeg vir 4)

• 2 steaks van 500 g elk

• 4 eiers

Vir die marinade • 1/3 koppie sojasous

• ¼ koppie worcestersous

• 1/3 koppie suurlemoensap

• ½ koppie olyfolie

• 1 eetlepel droë knoffelvlokkies

• 1 eetlepel gemengde droë kruie

• 1 eetlepel rissiesous

• ½ teelepel witpeper

Vir die sous • 2 eetlepels botter

• 1 eetlepel gekneusde peperkorrels

• 2 teelepels ingemaakte groenpeperkorrels

• 1 lourierblaar

• 1 knoffelhuisie, fyngedruk

• ¼ koppie brandewyn

• 1 koppie room

• sout na smaak

So maak jy 1. Meng die bestanddele vir die marinade en marineer die steaks vir sowat 2 uur buite die yskas totdat dit kamertemperatuur bereik. Gebruik ’n plastiekhouer met ’n deksel (of gooi ’n vadoek oor die marineerbak).

2. Maak die brandewynsous: Verhit die botter in ’n potjie totdat dit begin bruin word. Soteer al die peperkorrels, lourierblaar en knoffel vir ’n minuut lank in die botter – maak seker jy brand nie die knoffel nie. Gooi die brandewyn by en kook die sous vir sowat 2 minute sodat die meeste van die alkohol kan verdamp. Meng die room by en laat dit stadig kook tot die sous verdik. Geur die sous na smaak met sout.

3. Braai die steaks oor baie warm kole totdat hulle so gaar is soos jy dit verkies.

4. Smeer 4 holtes van ’n kolwyntjiepan met botter en breek die eiers daarin. Bak die eiers op die rooster totdat die geel gaar is na jou smaak.

5. Verdeel die steaks in vier porsies en sit elke steak voor met peperbrandewynsous en ’n eier bo-op.

WegSleep sê: Dik, verouderde kruisskyf (rump) met ’n stewige stukkie vet aan is ’n goeie keuse vir dié resep.

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page