Texan-varksteak met lemmetjie-en-feta-aartappels
- Lenie Smit
- May 1, 2016
- 1 min read

Deur Huisgenoot Digitaal
Genoeg vir 4 mense Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 30 min.
AARTAPPELS 6 aartappels, in wiggies gesny 30 ml (2 e) olyfolie sout en vars gemaalde peper 1 wiel fetakaas, grof gekrummel 10 g koljanderblare, grof gekap sap van 1 lemmetjie
STEAK 1 x gemarineerde 750 g-Texan-varksteak 15 ml (1 e) olyfolie
Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.
Aartappels Versprei die aartappels op bakplaat. Besprinkel met die olie en geur met die sout en peper. Meng goed en rooster 30 min. in die verhitte oond of tot die aartappels sag en goudbruin is. Sprinkel die fetakaas, koljanderblare en lemmetjiesap oor en meng rofweg. Steak Pak die steak op die bereide draadrakkie. Sprinkel die olyfolie oor en rooster 20-25 min. in die verhitte oond of tot gaar – die gaarmaaktyd sal afhang van hoe dik die steak is. Sny die steak in repies en sit voor saam met die aartappels en vars kersietamaties.
Comments