VisKoekies Met Vars Kruie ~
- Marianne Jacoby
- May 1, 2016
- 1 min read

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute Gaarmaaktyd: 10 minute
500 g rou stokvis, fyngekap 1 groot aartappel, gekook, geskil en fyngekap 2 groot eiers 15 ml elk gekapte vars roosmaryn en Italiaanse pietersielie sonneblomolie vir vlakbraai aartappelwiggies en ’n slaai om voor te sit
METODE: 1. Sit die fyngekapte vis in ’n mengbak en voeg die aartappel by. 2. Geur dit na smaak met sout en gemaalde swartpeper. 3. Voeg die eiers en kruie by en meng dit goed. 4. Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pan. 5. Rol die vismengsel in balletjies en braai dit tot deurgaar en goud- bruin aan albei kante.
**Sit die viskoekies voor met aartappelwiggies en ’n slaai.
Comments