Worcester-Noord Primêre Skool
- Corne Liebenberg
- May 4, 2016
- 1 min read

In die Breederiviervallei, 121 km oos-noordoos van Kaapstad en 52 km noordwes van Robertson, aan die rant van die Hexrivierberge, word kinderbreintjies met liefde en toegewydheid, onder die wakende oog van Mnr. Borcherds geslyp by Worcester-Noord Primêre Skool - een van die topskole in die Boland!


By Worcester-Noord Primêre Skool is skoolgaan 'n fees en voel skoolwerk nooit soos werk nie. Akademie, sport en kultuur word op 'n Christelike grondslag aangebied deur uiters bekwame personeel.

Mnr. Borcherds hou die leisels styf vas, maar sorg ook vir 'n balans tussen speel en leer. Elke onderwyser is 'n kundige op sy of haar gebied en neem passievol deel in die bou van die volgende generasie se leiers.

Elke dag is 'n fees by Worcester-Noord Primêre Skool


Besoek gerus Worcester-Noord Primêre Skool se Facebook bladsy
Worcester-Noord Primêre Skool neem deel aan die Rainbow Gospel Radio / Beit Bracha Shades of Love inkleurkompetisie.
Comments