GEBAKTE BRUINPOEDING MET JELLIE
- Marianne Jacoby
- May 7, 2016
- 1 min read

DEEG: 2 eiers 2 eetl suiker 2 eetl botter 4 eetl meelblom 1tl koeksoda (aangemaak met bietjie melk) 2 eetl appelkooskonfyt
SOUS: 1pakkie aarbei jellie 2kop kookwater 2 eetl botter half kop suiker
METODE: Kook solank die stroop in groot pot en laat staan eenkant om warm te bly Room die botter, suiker, en klits eiers by Voeg konfyt by. Voeg koeksoda by , Voeg meel by en meng goed Skep nou lepels vol deeg bo-op die sous. Bak vir half uur by 180 grade. Hierdie resep is lekker klam want die jellie maak so 'n lekker dik sous aan die onderkant met die degie wat lekker crispy en bruin bo-op is. Laat staan poeding vir tenminste half uur voor opdiening. Dit maak dat die jellie effe dikker raak met die afkoel proses.
Comentários