Maklike Mieliebrood
- Marianne Jacoby
- May 7, 2016
- 1 min read

500 g bruismeel 5 ml sout 2 eiers 125 ml melk 30 ml olie 410g-blik geroomde suikermielies (sweetcorn) 200 g kaas, gerasper pietersielie vir bo-oor sprinkel
Meng die bruismeel en sout in ‘n mengbak. Klits die eiers en olie saam in ‘n maatbeker. Voeg die melk by en klits weer.
Roer nou die suikermielies by die mengsel in. Gooi die nat mengsel by die meel en roer goed tot ‘n stywe deeg. Skep uit in ‘n gesmeerde broodpannetjie en sprinkel die kaas bo-oor.
Sprinkel ‘n bietjie pietersielie bo-oor indien verkies. Bak vir ongeveer 50 minute in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade C.
Laat vir 30 minute in die pannetjie afkoel en keer dan uit op ‘n draadrakkie.
Comments