Laerskool Oranje-Noord
- Corne Liebenberg
- May 9, 2016
- 1 min read


Welkom by die skool vir Gelukkige kinders Gelukkige ouers en Gelukkige onderwysers!

Laerskool Oranje-Noord se missie:
Deur goeie en doeltreffende onderrig en opvoeding in 'n dinamiese skool die kind volgens Christelike beginsels op te voed tot 'n gebalanseerde volwassene en goed toegeruste wêreldburger in die 21ste eeu.

Die grondslagfase bestaan uit 3 pre-primere en 5 Graad 1-klasse, 5 Graad 2-klasse en 5 Graad 3-klasse. Die klasgroottes is nie groter as 32 leerders per leerkrag nie. Deeglike beplanning en goed opgeleide leerkragte in nuwe Kurrikulum en Assesserings Beleidsverklaring maak dat die leerders in die Grondslagfase puik akademiese onderrig ontvang.
Dit is vir Laerskool Oranje-Noord van uiterste belang dat elke leerder se grondslag stewig gele word. Oranje-Noord stel hom dit ten doel om elke leerder se individuele behoeftes en talente soos musiek, tegnologie, kuns en kultuur, godsdiens en sport te ontwikkel, sodat u kind na die Intermediere en Senior fase kan oorgaan as 'n goed toegeruste en gebalanseerde leerder.
Dit is baie belangrik dat die verskillende fases in Oranje-Noord nie losstaan van mekaar nie, maar as 'n integrale deel bestuur en hanteer word. Die Grondslagfase se inligting word in die inligtingstuk apart hanteer aangesien daar 'n groot vraag na die besondere inligting by toetreders van die grondslagfase is.
Indien u verdere inligting verlang kan u gerus met die skool skakel.

Laerskool Oranje-Noord neem deel aan die Rainbow Gospel Radio / Beit Bracha Shades of Love Nasionale Inkleurkompetisie.
Comments