KONDENSMELK TERT
- Marianne Jacoby
- May 10, 2016
- 1 min read

LEWER 1 TERT VAN 30 CM Bereiding: 30 minute Verkoeltyd: 2-3 uur
KORS 2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies, gekrummel 125 g botter, gesmelt
VULSEL 2 eiers, geskei 45 ml (3 e) mielieblom 375 ml (1½ k) water 15 ml (1 e) vlapoeier 1 blikkie (385 g) kondensmelk 250 ml (1 k) water 25 g botter 5 ml (1 t) vanieljegeursel vars grenadellapulp vir afronding (opsioneel)
KORS Meng die beskuitjies en botter deeglik. Druk dit in ’n reghoekige tertbak van 30 cm vas en plaas in die yskas. Hou ’n paar krummels eenkant om oor die tert te strooi. VULSEL Meng die eiergele, mielieblom, 125 ml (½ k) van die water en vlapoeier. Giet die kondensmelk, res van die water en botter in ’n kastrolletjie en laat kook. Meng ’n bietjie van die kondensmelkmengsel by die eiermengsel. Voeg dit dan by die res van die kondensmelkmengsel en roer tot die mengsel kook en verdik. Verwyder van die hitte en voeg die vanieljegeursel by. Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou dit by die vlamengsel in. Skep op die krummelkors en strooi die oorblywende krummels oor. Plaas dit 2-3 uur in die yskas om te stol. Rond dit af met die vars grenadellapulp indien verkies.
Commentaires