top of page

Trompsburg Primêre Skool

  • Corne Liebenberg
  • May 11, 2016
  • 2 min read

Trompsburg Primêre Skool is 'n skool met 'n eg plattelandse karakter waar kinders nog kinders kan wees en waar waardes en dissipline belangrik is.

Ons kinders kry die geleentheid om hul talente uit te leef en ook om die skool en koshuislewe te geniet. Elke jaar het ons kinders 'n wondelike jaar – kampe, konserte, geesbou, sport, kultuur, akademie, koshuislewe en die uitbou van vaardighede met Kuns en Kultuur, Tegnologie en in die Rekenaarsentrum.

Ons is nie skaam om te sê dat by Trompies gee ons baie aandag aan Christelike waardes en beginsels deur Bybelklasse en Saalopening. Verder glo ons aan streng dissipline en met ons klein klassies is 'n aangename klasatmosfeer vir ons belangrik. Tesame met bogenoemde glo ons ook daaraan om erkenning vir prestasies te gee.

Trompsburg Primêre Skool se visie is om 'n toonaangewende Christelike Afrikaanse skool te wees, waar elke leerder in totaliteit ontwikkel word.

Trompies se Gedragskode:

Ek verbind my plegtig tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en ek onderneem om die reg en die regstelsel te respekteer, te onderhou en te bevorder.

Ek verbind my daartoe om: Hierdie gedragskode en al die reëls en regulasies van Trompsburg Primêre Skool getrou na te kom. Hoë morele en etiese standaarde te handhaaf. Daarna te streef dat my optrede altyd verantwoordelik en ter bevordering van die skool se goeie naam sal wees. My skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding te doen. Die nodige hoflikheid en respek teenoor alle personeel, mede-leerders en besoekers te betoon.

Ek onderwerp my aan enige dissiplinêre maatreël indien ek sou versuim om enige bepaling of maatreël in die skool se gedragskode na te kom.


Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page