Laerskool Paul Greyling
- Corne Liebenberg
- May 12, 2016
- 1 min read

By Laerskool Paul Greyling word kennis, lewensvaardighede, morele waardes en liefde ingeasem saam met vars seelug.
Die skool is soos 'n intieme familie, waar kinders van Baba tot Gr.7 se grondslag op vaste Christelike waardes gele word. Geen leerder by Laerskool Paul Greyling is net 'n 'nommer' nie. Elke leerder kry kwaliteit individuele aandag.
Leerders van Laerskool Paul Greyling blink uit op akademiese, kulturele en sportgebied. Moeilike take word sommer speel-speel met lekkerkry, klaar gekry.

Laerskool Paul Greyling is in 1956 gestig nadat 'n behoefte aan Afrikaanse onderrig in die Vishoek-omgewing ontstaan het. Van die stigterslede was ds. H.F.M. Louw en dr. Paul Greyling.
Louw was van 13 Desember 1947 leraar van die NG gemeente Simonstad-Kalkbaai (NG gemeente Vishoek) en Greyling die laaste leraar van die afsonderlike NG gemeente Kalkbaai, voor dit in 1941 met Simonstad saamgesmelt het as Simonstad-Kalkbaai en uiteindelik NG gemeente Vishoek geword het.
Hy was later algemene sekretaris van die N.G. Kerk-uitgewers, voorloper van Lux Verbi.BM.
Die eerste skoolhoof, mnr. W.J. van Wyk, beklee die pos 23 jaar lank tot sy aftrede in 1979. Hy word opgevolg deur mnre. J.R. Horne, V. Pienaar en J.A. Horn. Die huidige skoolhoof is mnr. J.A. (André) Engelbrecht.
Laerskool Paul Greyling vier in 2015 hulle 60ste bestaansjaar.

Laerskool Paul Greyling is die mees suidelike Afrikaanse skool in Suid-Afrika!

Kontak Laerskool Paul Greyling:

Laerskool Paul Greyling neem deel aan die Rainbow Gospel Radio / Beit Bracha Shades of Love inkleurkompetisie.
Comments