Brotchen
- Frans Odendaal
- May 17, 2016
- 1 min read

6 Koppies koekmeel , 2t sout gesif , meng 450ml lou water , 2 eetl suiker , 1pakkie kitsgis en drie eierwitte saam , laat staan tot dit skuim.
Meng dan met die meel en knie tot stywe bal . Laat staan tot dit dubbel die hoeveelheid rys en knie af, vorm nege ovaalvormige broodjies en laat weer rys. Skakel die oond aan op 160 grade met 'n enamel bakkie ysblokkies onder in die oond. Maak 1cm diep snitte oor die broodjies en verf met eierwit. Bak so 25min tot goudbruin.
Comentarios