Worcester Voorbereidingskool
- Corne Liebenberg
- May 20, 2016
- 1 min read

Worcester Voorbereidingskool is n parallel-medium, multi-kulturele skool geleë in die pragtige Wynland Distrik. Die skool maak voorsiening vir leerders vanaf graad
R - 3 vanuit uiteenlopende mileu dwarsoor Worcester en omliggende areas.

By Worcester Voorbereidingskool glo ons onwrikbaar in die potensiaal van elke leerder in ons sorg. Ons is bevoorreg om leerders in hul primêre vorderingsjare te kan onderrig en eksklusief te fokus op die grondslag van die leerder se ontwikkeling.

Ons begelei elke leerder sodat hy die pad na homself kan vind en ons sê:
"Non nobis solis!" En ons glo dat ons leerders opvoed wat lewens sal verryk en ons sê:
"Non nobis solis! Nie vir ons alleen."
Elke leerder by Worcester Voorbereidingskool is spesiaal en word begelei om tot sy of haar volle potensiaal te ontwikkel. Worcester Voorbereidingskool le 'n stewige fondament in die Grondslagfase waarop elke leerder se toekomstige akademiese vordering gebou word. 'n Stewige fondament is van kardinale belang, want so kan moontlike probleme vroegtydig geidentifiseer en aangespreek word.
Besoek Worcester Voorbereidingskool:
Kontak Worcester Voorbereidingskool:
Tulbaghstraat 110
Worcester 6850 Telefoon: 023 347 1160 Faks: 023 347 5045 Epos: admin@voorbereiding.co.za
Worcester Voorbereidingskool neem deel aan die Rainbow Gospel Radio / Beit Bracha Shades of Love Nasionale Inkleurkompetisie.
Comments