Gebakte Pampoenpoeding
- Huisgenoot
- Jun 2, 2016
- 1 min read

POEDING 625 ml (2½ k) koekmeel 5 ml (1 t) bakpoeier 5 ml (1 t) koeksoda knippie sout 7 ml (1½ t) fyn kaneel 5 ml (1 t) fyn gemmer 80 g ongesoute botter, versag 500 ml (2 k) bruinsuiker 2 eiers 500 g pampoen, gaar 1 blik (410 g) ingedampte melk 5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
KARAMELSOUS 250 ml (1 k) suiker 375 ml (1½ k) dik room
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n diep bakpan.
POEDING
Meng die meel, bakpoeier, koeksoda, sout, kaneel en gemmer in ’n bak. Klits die botter en suiker in ’n bak tot lig en donsig. Voeg die eiers, pampoen, ingedampte melk en vanielje by en meng. Voeg die droë bestanddele by en vou in tot gemeng. Giet die mengsel in die gesmeerde pan en bak 20 minute. Laat op ’n draadrak afkoel en sny in blokke.
KARAMELSOUS
Versprei die suiker egalig in ’n groot kastrol oor lae hitte. Roer die suiker na die middel toe wanneer dit aan die kante begin smelt tot alles gesmelt het. Klits die room by wanneer die suiker begin bruin word. Laat die mengsel 5 minute borrel of tot dit dik is. Sit die poeding saam met die karamelsous voor.
Comments