Bielie van 'n burger
- Johan Brits
- Jun 12, 2016
- 1 min read

Jy benodig:
maalvleis - ongeveer 1kg vir 6 patties
bacon
1 ui in ringe gesny
mozzerela
cheddar
feta
galepenjos
burger broodrolletjies
iceberg blaarslaai
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:

Dis die begin. Maak patties van 160g. Gebruik blikkie om houers te vorm

Draai die bakkies toe met bacon. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.


Vul met mozzerela, cheddar en feta & galepenjos

Draai uie ringe toe met bacon.

Op die weber vir 15 min.

Sit uieringe bo-op en los vir nog 30 min in weber.

Smeer die broodrolletjies met botter en plaas geskeurde blaarslaai op die onderste gedeelte.

Plaas die gaar bielie-patties op die blaarslaai.

Toon jou respekte vir hierdie BIELIE!

Opsioneel kan jy ook avokado byvoeg.

Geniet!
Commentaires