top of page

Die Bybelse Filosofie van WERK

  • Corne Liebenberg - Vrouebiduur 13 Julie 2016
  • Jul 13, 2016
  • 10 min read


Genesis 1: 26 - 31 “26 Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” 27 God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. 28Toe het God hulle geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, word baie, bewoon die aarde en bewerk dit. Heers oor die vis in die see, oor die voëls in die lug, oor al die diere van die aarde, ook oor die diere wat op die aarde kruip.” 29 Verder het God gesê: “Let op! Ek gee aan julle al die plante wat saad gee op die hele aarde; ook al die bome wat vrugte dra en saad gee. Dit sal julle kos wees. 30 Maar aan die wilde diere op die aarde en aan die voëls in die lug en aan die diere wat op die aarde kruip, aan alles wat leef, gee Ek al die groen plante as kos.”So het dit gebeur. 31Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag.” “Ag dankie, Vader! Dit is Vrydag!” Klink dit vir jou bekend? Is jy iemand wie leef van naweek tot naweek? Ons gaan vandag kyk wat se die Bybel oor daardie gevreesde vier letter woord: WERK God het die mens geskape om te werk –

Genesis 2:15

“Die Here God het die mens in die tuin laat woon om dit te bewerk en op te pas.”

  • Die mens is nie geskape om ledig te wees nie.

  • Die HERE het vir die mens dadelik nadat hy geskape is werk gegee om te doen.

Werk was nie deel van die vloek van die Sondeval nie –

Genesis 3:17 – 19

“(17) Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, “is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak, jou lewe lank; (18) die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; (19) net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”


1. Werk is dus nie ‘n ‘noodsaaklike euwel’ nie

2. Die mens is nie vervloek met werk nie – hy was reeds besig om te werk.

3. Die mens se werk is moeiliker gemaak deur die vloek van die Sondeval

4. Hoe het die mense van die antieke beskawings gevoel oor werk? a. Die Grieke Die antieke Grieke het geglo dat ‘n persoon se verstandelike vlak, moraliteit en wysheid in direkte verband staan met die hoeveelheid vrye tyd wat die persoon het. b. Die Romeine Vir die antieke Romeine was werk iets wat deur slawe gedoen moes word. Die enigste aanvaarbare beroepe vir ‘n vry man was om ‘n boer te wees of om die eienaar te wees van ‘n groot besigheid. Die ideaal was om in ‘n landelike gebied te kon aftree in gemak.

Die waarde van werk word reg deur die Bybel genoem.

1. Die vierde gebod leer ons in: Eksodus 20:9-10 -

“(9)Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, (10) maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.

2. Moses skryf in: Levitikus 25:3 –

“ses jaar kan julle die lande saai en die wingerde snoei en die opbrengs oes,”

3. Salomo het gereeld oor die wysheid van werk geskryf: Spreuke 6:6-11 -

“(6) Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. (7) Hy het nie 'n leier nie, nie 'n opsigter of 'n regeerder nie, (8) tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. (9) Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? (10) Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie handevou en bly lê, (11) en daar oorval die armoede jou soos 'n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos 'n inbreker.”

4. In Markus 6:3 lees ons van Jesus se beroep:

“Is hy dan nie 'n timmerman, 'n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?” Die mense wou niks van Hom weet nie.”

5. In Efesiers 6: 5-11 se Paulus: “(5)Slawe, wees gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde, en doen dit met eerbied en ontsag maar terselfdertyd met 'n opregte hart, asof dit vir Christus is. 6Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. 7Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. 8Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het, of hy nou slaaf is of vry.”

Die Bybel beveel ons om te werk.

1. God seen ons werk – a. Ons ken mos die uitdrukking: “Ledigheid is die duiwel se oorkussing.” 2. As ons wil eet (oorleef) moet ons werk. b. Paulus onderstreep die stelling in 2 Thessalonesense 3:10

“want ook toe ons by julle was, het ons julle dit beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie,”

God se welsynsplan is tweeledig: Jy kan of gee vir die wat nie het nie soos in 1 Timoteus 5:16:

“As ’n man of vrou wat vertrou, se familie weduwees het, moet dié hulle help en laat die gemeente nie belas word nie sodat hulle genoeg het om die wat waarlik weduwees is, te help.” Of jy kan die geleendheid skep vir mense wie nie het nie soos in: Levitikus 19:10

“jy moet ook nie jou wingerd skoon af oes en die trossies wat van jou wingerd val, nie bymekaarmaak nie. Jy moet dit vir die armes en die besoekers laat oorbly. Ek is die HERE julle God.”


Goeie werk-etiek volgens Bybelse voorskrifte

1. Christus-gesentreerd a. Efesiers 6:7 –

“en dien hulle vanuit jou hele wese in liefde, soos ons Meester en nie mense nie.”

b. Sou jy anders opgetree het by die werk as Jesus jou baas was?

c. Doen alles wat jy doen asof jy dit vir Jesus doen en nie vir mense nie.

2. Getrouheid a. ‘n Mens hoor toenemend dat werknemers nie meer pligsgetrou is nie. Gedurende werksure sit hulle soms en gesels, bring tyd deur op die internet of telefoon, is besig met hulle privaatsake of hulle is bloot traag om hulle werk te doen. Dit gebeur selfs dat hulle in werktyd uitglip om gou inkopies te gaan doen. Buitendien word die werk dikwels in so ‘n traak-my-nie-agtige gesindheid gedoen dat dit vol foute is en baie keer die indruk van slordigheid gee. Daar word nie baie werk gedoen nie en ook nie goeie werk gelewer nie. Wat ‘n mens veral seermaak, is dat Christene net so skuldig is hieraan.

b. Die Bybel verwag getrouheid van ons: 1 Korintiers 4:2

“Van nou af word dit hier van die toesighouers verwag dat hulle vertrouenswaardig bevind sal word,”

3. Ywer a. Persone wat op ‘n sekere plek werk en hulle werk nie getrou doen nie, veroorsaak dat die werk nie klaar kom nie en daarom moet ekstra persone in diens geneem word, wat weer ekstra geld kos. As werk op ‘n traakmy-nie-agtige wyse gedoen word, is dit vol foute. Om hierdie foute reg te maak, moet nog ‘n bykomende persoon in diens geneem word wat dus weer ‘n ekstra arbeidskrag en ekstra geld vereis wat eintlik onnodig was. Op hierdie trant word ʼn land seker meer skade aangedoen as deur al die diewe en rowers saam. So sou ons meer implikasies kon noem, maar wat ons egter veral duidelik wil aantoon is dat ons hier met ‘n goddelose en geheel en al onchristelike manier van werk te doen het.

b. Spreuke 10:4

“Hy word arm wat met ’n misleidende hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.”

c. Volharding: - Kan jy ‘n taak enduit uitvoer? Of spring jy ook weg soos ‘n resiesperd en eindig soos ‘n donkie met sy neus in die stof?

4. Eerlikheid Die werkgewer se tyd en geld word gesteel. Sy tyd word gesteel as ek byvoorbeeld in die tyd wat ek wettig en volgens ooreenkoms in sy diens staan, my privaatsake hanteer of niks doen nie en sy geld word gesteel, omdat ek aan die einde van die maand van hom volle betaling verwag - ook in die tye wat ek gedurende werksure niks gedoen het nie - in elk geval nie in sy diens nie.

5. Getrouheid a. “Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ‘n broer van ‘n verwoester.”

Spreuke 18:19 Die uitdrukking: “Hy is ‘n broer van ‘n verwoester”, wil sê dat die persoon wat hom slap hou in sy werk self ‘n verwoester is. En hoeveel verwoesting deur ‘n slap houding in ons werk bewerkstellig word, kan uit die praktyk van die lewe baie duidelik gesien word. Slapheid in die werk het al dikwels skade, ongelukke, vermorsing van geld, arbeidskragte, en nog baie meer veroorsaak. Ons moet ook daarop let dat die Spreuke-digter praat van een wat hom slap hou in sy werk sonder om hierdie werk nader te kwalifiseer.

Daarom geld hierdie uitspraak van enige soort van werk: my werk waardeur ek my daaglikse brood verdien in ‘n kantoor of fabriek of waar ook al; verder ook my huiswerk, my skoolwerk, my kerkwerk, my arbeid in diens van die Here. Op alle werkterreine geld dit: Hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ‘n broer (of suster) van ‘n verwoester.

b. “Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag.”

Prediker 9:10 Die Prediker bedoel hier dat ek, op watter terrein ek tot arbeid geroep word in diens van kerk, staat of maatskappy, daar moet ek my allerbeste lewer. Die woorde: “. . . doen dit met jou mag” beteken dat ek al my kragte moet inspan om die grootste hoeveelheid en die beste kwaliteit te lewer. Daarby moet ons onthou dat ons in die woorde “. . . doen dit met jou mag” nie met ‘n opinie van ‘n mens te doen het nie, maar met ‘n bevel van God en Sy bevele moet gehoorsaam word.

c. “Elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam”

Mattheus 5:41 Wat Christus hier wil sê, is: ‘Doen meer as wat gevra word, doen meer as net die absolute minimum.’ Ervaring het al gewys dat die persone wat vooruitgaan in die lewe, wat die beste presteer op skool en na skool, nie dié is wat net met die minimum tevrede is nie, maar juis die wat met elke kilometer wat hulle verplig is om af te lê, uit hulle eie nog ‘n ekstra kilometer daarby stap.

Die voordele van werk

a. As jy werk kan jy eet! -

2 Thessalonesense 3:10

“want ook toe ons by julle was, het ons julle dit beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie,”

b. Jy het die geleendheid om te groei en te vorder in jou werk, beloning en bevordering te kry, soos wat ons leer uit Jesus se gelykenis van die talente. – Mattheus 25:28

“Neem dan die talent van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien talente het,”

c. Jou arbeid sal geseen word: Spreuke 14:23

“In al jou werke is daar wins, maar hy wat jonk is, is sonder sorge en op sy gemak. HERE genees elke wond, maar die praat van die lippe van die dwaas neig net na armoede.”

d. Bring eer aan God deur jou arbeid: Kollosense 3:17

“Alles wat julle doen in woord of in daad, doen dit in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een en gee dank aan God-die-Vader deur Hom.”


  • Ons arbeid moet pligsgetrou wees

a. Reeds voor die sondeval, binne God se volmaakte skepping, ontvang die mens as deel van God se seëninge die opdrag om die aarde te onderwerp en daaroor te heers (Gen. 1:28). Werk is dus nie straf vir die sonde nie. Werk word bloot moeilik vanweë die sonde. Maar nou het iets wonderliks terselfdertyd gebeur: juis vanweë die sondeval en die verlossing in Christus kan ons nou in ʼn besondere sin, nog meer as vantevore, God se verteenwoordiger en beeld wees. Binne ʼn wêreld waarin sondige mense besoedeling, vernietiging en onordelikheid bevorder, moet ons as gelowiges in Christus, ons Verlosser, weer orde en rustigheid en bewaring tot stand bring. Ons doen dit ook as beelddraers van God. Hy werk tot nou toe. Hy is getrou in sy onderhouding en regering van hierdie wêreld, asook in sy voorbidding vir ons by die Vader, asook in sy troos en bemoediging van ons elke dag. Daarom is ons ook geroep om in ons arbeid pligsgetrou te wees.

b. God het ʼn duidelike afsku in luiheid, ontrouheid en nalatigheid. Dit is baie duidelik uit die teksgedeeltes,

Eksodus 20:9-

”Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet,”

Spreuke 6:6; -

“Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom.”

Spreuke 18: 9

“Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ‘n broer van ‘n verwoester.”


2 Thessalonesense 3:10 -

“want ook toe ons by julle was, het ons julle dit beveel: as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie,”


  • Ons arbeid as geroepenes

c. In die arbeidswêreld staan ons in verskillende beroepe. Dit maak nie saak wat jou beroep is nie, onderwyser, klerk, boer, bouer, huisvrou, tuinier of wat ookal. God het aan ons elkeen sekere talente gegee en ons word deur hom geroep om daarmee te woeker.

d. Op die oordeelsdag sal Hy van ons wil weet wat ons met ons talente gedoen het. As geroepenes van die Here is ons heel eerste aan Hom ʼn antwoord skuldig oor wat ons in ons arbeid verrig het.

e. As geskape kinders van die Here wat in Christus nuut gemaak is, bly dit ons wonderlike strewe om Hom in volmaakte trou te gehoorsaam. Soos verloste vrywilligers word ons geroep om Hom in ons werkplek met dankbare blymoedigheid te dank en te eer. Volkome gehoorsaam en aan Hom toegewy, net soos sy geskape engele in die hemel.


  • Onthou ten alle tye dat jou werk deel van God se plan is en doen jou werk met daardie kennis as uitgangspunt. Mag alles wat jy doen geseend wees!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page