Bacon en Kaas-Bom Burger
- Johan Brits
- Jul 14, 2016
- 1 min read

Jy benodig:
broodrolletjies
tamatie en blaarslaai
8 repe spek per burger
100g maalvleis per burger
30 g cheddar kaas in skyfies per burger
sout en swartpeper na smaak
Instruksies:
Vleg 8 repe spek soos op die foto op 'n houtbord.

Plaas 'n skyfie cheddar kaas bo op die spek in die middel.

Vorm die maalvleis in 'n pattie en plaas bo op die kaas.

Plaas nog skyfies cheddar kaas bo op die maalvleispattie.

Weef die spek mooi toe om die kaas en maalvleispattie.

Sny die broodrolletjies oop en plaas 'n stukkie blaarsly en 'n skyfie tamatie op die onderste helfte van die broodrolletjie.

Braai die bacon en kaas-bom burgers in 'n pan tot die spek mooi bros gebraai is.

Plaas die bacon en kaas-bom burger op die tamatie en sit die boonste helfte van die broodrolletjie bo op.

Stuur groete vir die engele!!!
Comments