Kaas dit en geniet dit!
- Johan Brits
- Jul 25, 2016
- 1 min read

Jy benodig:
1 baguette, in die lengte deurgesny en gebotter
skyfies tamatie
skyfies cheddarkaas
gesnipperde groenpeper
ontpitte swart olywe, in die lengte deurgesny
gerasperde mozzarellakaas
sout en varsgemaalde swartpeper

Sny 'n baguette in die lengte deur en smeer met botter.

Pak skyfies tamatie en cheddar kaas op die deurgesnyde, gebotterde helftes van die baguette.

Sprinkel gesnipperde groenpeper en olywe oor. Rasper mozzarellakaas en sprinkel mildelik oor. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Rooster tot die mozzarellakaas gesmelt is die die korsies begin bros word.
Comentários