Ontmoet MARLENE VERMAAS
- Corne Liebenberg
- Jul 27, 2016
- 2 min read
Marlene vertel:
"My Passie Is Om Die Grootste Liefdesdaad Te Verkondig. Dat Jesus aan die Kruis gesterf het en dat Hy lewe, sodat ons ook in Hom kan Lewe en Vrug kan dra.
N BIETJIE VAN MY SELF Ek is gebore in Pretoria en het groot geword op n plaas buite Fochville en het my skool loopbaan in Potchefstroom voltooi. Ek is tans woonagtig in Alberton.
Ek was gelukkig om van die ouderdom van 8 af sang lesse te kon kry tot die ouderdom van 17. My pa het my op n verhoog in n kerk getel op die ouderdom van 5 jaar en gese sing, van toe af kon niemand my stil kry nie. Dit is n droom wat vir my waar word om my passie te kan uitleef deur my musiek.
Ek het aan verskeie sang kompitiesies deel geneem en een wat vir my uitstaan is die Suid Afrikaanse Samsung Song Festival, te Rustenburg, waar ek ook dan saam met Bobby Van Jaarsveld deelgeneem het en geseënd was met die 1ste prys . Ek het met die Lied “Dixie Land” gewen en die grootste oomblik was toe Sally Vaughn wat n beoordeelaar was na my toe ge kom het met die woorde”I coud’nt have done it better”
My eerste CD “Jy is die een” is “covers” soos Sien jou weer, Let me be there, Tussen Treine, Blouberg strand, waar die Country sanger Lee Magnum dan ook 2 Duette saam met my sing.
My tweede CD, Van die Krip tot die Kruis het die lig gesien in 2009. Met liedjies soos, Glory Land, Lord Im a woman, Die Here is goed, Ek le jou by Jesus se voete neer.
Dan het ek onlangs my nuutste CD opgeneem met die naam van” My Storie” die meeste van die liedjies is Afrikaans nuut en vars.
Ek was ook baie bevoorreg om dan ook al saam met Steve Hofmeyer te kon optree vir die Solidariteit vakbond. Ek het al by verskeie Kerke, Dames tees en Feeste op getree. In November 2004 het my hele lewe verander nadat my Moeder geskiet was, en ek het besef dat die lewe kan verander in n oogwink. Ek het my keuse vir Jesus gemaak. Ek was deur baie beproewings, maar die Here het my nooit begewe of verlaat nie. Ek lewe nou vir Jesus en wil net Sy naam Verheerlik deur my sang.
Die Here het my Nader na Hom toe getrek met die teksvers “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe......” (Psalm 23 vers 6) Dis vir my belangrik om met my gehoor te kommunikeer deur inspereerdende gedagtes met hulle te deel, en ook sekere dele van my lewe wat uitstaan oor te dra, tussen deur my liedjies.
My Nuutste DVD “LEEF” en ook, God se Engel is ook nou te sien op You Tube. So ook my Video Van die Krip tot die Kruis."
Comments