top of page

Skriftuurlike Koek

  • Corne Liebenberg
  • Aug 16, 2016
  • 2 min read

Jy benodig:

½ koppie Rigters 5:25 (die laaste deel)

Water het hy gevra, melk het sy gegee, in ‘n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.

2 koppies Jeremia 6:20

Waarom sou daar tog vir My wierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit ‘n ver land? Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.

(Kalmoes is 'n soet riet, wat baie in die Bybelse tyd gebruik is. Gelyksoortig aan die suikerriet wat ons ken. Gebruik dus 2 koppies suiker.)

2 eetlepels I Samuel 14:25

En al die mense het in ‘n bos gekom, en daar was heuning op die veld.

6 Jeremia 17:11

‘n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy ‘n dwaas wees.

1 koppie I Konings 4:22

En Salomo se voedsel vir een dag was dertig kor fynmeel en sestig kor meel;

2 teelepels Amos 4:5 (kitsgis)

En laat van wat gesuurd is, ‘n lofoffer rook, en roep vrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here HERE.

1 teelepel 2 Kronieke 9:9 of meer na smaak (gemengde speserye)

Verder het sy aan die koning honderd en twintig talente goud en ‘n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; en daar was nooit soveel speserye as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.

1 teelepel Levitikus 2:13

En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.

½ koppie Rigters 4:19 (die laaste deel) Daarop sê hy vir haar: Gee my tog ‘n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom daaruit drink en maak hom weer toe.

2 koppies Nahum 3:12 Al jou vestings is vyebome met voorvye: as ‘n mens skud, val hulle in die mond van die eter.

2 koppies Numeri 17:8 En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!

2 koppies I Samuel 30:12 Toe vind hulle in die veld ‘n Egiptenaar wat hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink.

Metode:

Klits die Rigters, Jeremia en I Samuel saam tot lig en donsig. Klits die 6 Jeremia eiergele en voeg by. Voeg Konings, Amos, Kronieke en Levitikus om die beurt by met Rigters 4:19 Vou Nahum, Numeri en I Samuel 30:12 in en voeg Jeremia eierwitte, styf gelits by. Bak vir 2 ure in ‘n gesmeerde pan teen 180 grade celcius. Toets met ‘n toetspen. As die toetspen skoon uitkom, is die koek gaar. Geniet ‘n heerlike Skriftuurlike koek!

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page