Melinda: Dag 4
- Melinda du Plessis
- Sep 5, 2016
- 1 min read

Dag 4: Zubiri na Pamploma 25km
Veilig in Pamploma, op moeg, 25km tot by die privaat herberg waar ek uiteindelik plek gekry het - ek was op my kniee van dankbaarheid. Julle sal nie verstaan nie!
Dit is weer 35 grade vandag. Ek het 2 liter water en 2 cokes gedrink en bly steeds dors! Klaar gestort en wasgoed gewas - gaan nou uitpass. Sien uit daarna om more die ou stad te verken. Het net toe ek wou opgee, gaan sit en toe my Ierse kamermaats raakgeloop. Hulle het my toe vertel van hierdie plek. Toe ek arriveer, was daar nog net 4 beddens oop! Die beddens is soos kapsules met jou eie kragpunte, lig, locker en 'n blind wat jy aftrek vir privaatheid. 15 Euro en ek bly moreaand ook hier - Dankie Pappa Vader!
Help my asseblief met my fondsinsameling vir Beit Bracha, borg my asb eenmalig, per km, of maandeliks. Ek kan nie begin om vir julle in woorde te sê wat dit vir hierdie gestremde mense, jonk tot oud, sal beteken nie. Gaan loer op ons blad: Beit Bracha goes the extra mile on the Camino vir meer inligting, of epos my op melindaduplessis18@gmail.com. Ek het amper oral wifi hier in Spanje soos ek die 800km stap. Of het jy dalk n kontak in die media-bedryf wat ons kan help met ons projek??
Beit Bracha Camino Standard bank Takkode 051001 Rek 034813993
Comments