Melinda: Dag 9
- Melinda du Plessis
- Sep 10, 2016
- 1 min read

Dag 9: Torres Del Rio tot by Logrono - 19km
Vandag stap ek vir Rainbow Gospel Radio! God is met hulle oppad na amazing plekke toe!
Veilig in Logrono !! Ingeboek vir 2 dae in privaat albergue, klaar my nes geskrop. Darem die onderste bunkbed gekry. Goeie aandete ook ingesluit. Lekker vroeg klaar gestort, sal later wasgoed was ...
Nou slaap. Voete eina, maar dank God, nog steeds geen blase nie. Die helfte van die mense se voete lyk verskriklik en hulle het vreeslik pun in hulle spiere. Gisteraand 'n ou so jammer gekry, ek't sy bene masseer. Hy het gehuil, shame ... ons kon mekaar nie verstaan nie, maar hy was erg dankbaar.
Vandag soos ek deur die pragtige ou deel van Viana gestap het en al die 100de jare ou deure gesien het, het ek aan Ps 24 gedink. Watter ou deure in ons lewens moet opgelig en oopgemaak word sodat ons God kan inkom????
Comentarios