Melinda: Dag 12
- Melinda du Plessis
- Sep 12, 2016
- 1 min read

Dag 12: Najera - Santa Domingo 23km
Vandag stap ek vir my familie: my ouboete Chris, ,Pieter en hul huisdiere, Sussie, haar Jan en Arno, haar Vlooi en al my Stiefies en hul hartsmense!!!! Julle is 'n groot deel van wie ek vandag is - lief julle stacks!!
Veilig in Santa Domingo in die klooster ingeboek ... Rug bietjie seer, voete heel stiller as gister.
Bid asseblief vir Kathy van Utah, Amerika. Sy kan skaars loop, haar knie vreeslik geswel en seer. Ek't vir haar gebid sommer daar in die plein tussen almal wat gewag het vir die mis ... Ek't regtig ervaar dat God haar diep wil aanraak.
Comments