Melinda: Dag 14
- Melinda du Plessis
- Sep 15, 2016
- 1 min read

Dag 14: Tosantos - Agès 24km
Veilig in Agès 24km!!!! Vandag vir al my vriende en Jesus-familie gestap. Wat 'n dag van verantwoordelikhede ... Hond koud, yswind van voor af of van die kant af wat jou wil omwaai - stapsokkies weereens lewensredders!! Eers plaaspaaie, 3 dorpies vir heerlike hot chocolate om warm te word, to langs highway, en toe laaste 15km (net 1 dorp na 12km) oor bosse met baie klipperige paaie.... maar dankbaar dat die bome die wind bietjie help keer het, sjoe! Laaste 4km sagte reen .. darem nie erg. Die warm stort en 'n tortia en lemoensap was heerlik. Geen wasgoed was vandag nie, so more halfpad stinky, soos al die ander... ha ha ha!
Ek't 'n paar bytplekke na gisteraand ... sou graag als wou was... maar dit jeuk glad nie, net in stort gesien. God is sooooooo getrou julle ... My voete en bene is een groot genade, hier is mense in baie pyn. Het gister 'n Koreaanse vrou gesien wat met gewone sandale stap. Haar voete tot by haar enkels vasgebind. 'n Man wat gisteraand by dieselfde plek geslaap het, het 'n senuwee wat in heup vasknyp of iets en sy been bly meegee soos hy stap.... Ek is seer, maar na elke middagslapie staan ek op met minimum ongemak, wat 'n blessing. Soms voel ek nie ek verdien dit nie. Julle gebede dra my!
Daar is ook gister van my onderklere op die wasgoedlyn gesteel (regtig????). Sal weer moet aankope doen in Burgos.
Lief julle baie!
تعليقات