Melinda: Dag 15
- Melinda du Plessis
- Sep 16, 2016
- 1 min read

Agès - Burgos - 21km
Hallo Almal! Is veilig in Burgos, 'n tamaaie groot en mooi stad, veral die Ou stad. Besluit om tog more 'n rusdag te neem, so vier my bday n dag vroeg - ek het nog die ritteltits oor my verjaardaggeld wat vir n hotelkamer gegaan het vir 2 nagte, dis n suite se geld in SA, maar hier glo goedkoop vir n gewone kamer. My voete opgeloop opsoek na n plek waar ek 2 nagte kan bly... Die plekke is vol geboek... Dis nou deur die stapgroepe en die wat elke dag hul sakke vooruit stuur... 50% van stappers dra net water en n baadjie...ek weet nie hoe bekostig hul dit nie, goedkoopste 8euro, tot by 22euro n dag ... Dis gek. Dis wat ek op n gewone dag spandeer op slaapplek en kos als in. Ek dank God vir my gesonde liggaam. Julle moet jul naweek baie geniet!!! Ek wag vir 17:00 as die winkels weer oopmaak, sodat ek kan gaan kos koop, dood van die honger.
コメント