Melinda: Dag 18
- Melinda du Plessis
- Sep 19, 2016
- 1 min read

Dag 18: Rabé - Hontannas 17km
Veilig in Hontannas 17km.
Ek steek lyf weg nê 😜. Toemaar môre stap ek weer langer, die vlgde dorp is iets soos 12-15km hiervandaan en dis bietjie ver vir hoe laat ek weggespring het. Môre spring ek vroeg weg!
Dis nou die Meseta... Dis die deel wat baie mense skip en dan verder stap van Leon af. Dis glo te moeilik og boring of iets. Ek dink dis pragtig
Die dorpie waar ek bly sit in n gat... Ek bly vandag in n nuutgeboude albergue ... My lyf sê dankie vir die nuwe matras en nuwe stywe kussing na gisteraand se ouer dunner matras en pap vere kussing, en die stort was amazing. Nog n dankbare dag!
Comments