Melinda: Dag 19
- Melinda du Plessis
- Sep 19, 2016
- 1 min read

Dag 19: Hontanas - Boadilla 28km
Dag 19: Hontanas - Boadilla 28km
Hi daar!! Dit was n harde oggend se stap, sit nou eers en eet n huge kaas en tamatie brood en drink n coke... 20km agter die rug, nog 8. Het n groot op en af agter die rug...voete voel dit. Bid asb saam dat n atm vinnig verskyn...laaste 4 dorpe het nie een gehad nie. Het nou laaste geld gebruik om kos te koop, moet geld trek vir vanaand se slaapplek en die vlgde paar dae...anders gaan ek nog 16 km moet stap Dankie!!! Het nounet weer vir Michael - camino engel van Zubiri - raakgeloop. Hy het vir my 20euro geleen!
Hallo almal! Veilig in Boadilla, die laaste 8km was baie hard op die voete - klippe - en warm...dis nou na die yswind daar bo. My voete: 'Hallo... Can you hear us? Hallo, from the other side....' Hulle klop deur my hele lyf, lê nou eers met hulle in die lug. Het darem klaar gestort en wasgoed gewas. Lief julle!
28km Julle moenie worry oor my voete nie hoor... n genpain en n slapie maak alles reg
Comments